Quantcast
Channel: Kos | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085

[Resep] Kersie-en-klapper-happies

$
0
0
Foto: 50 Beste gebak  uit Vrouekeur.

Kersie-en-klapper-happies. Foto: 50 Beste gebak uit Vrouekeur.

Na môre se braai, wanneer die kos afgesak het, gaan mens mos lus wees vir ietsie soets…

Lewer ongeveer 24 happies

Bestanddele:

Kors

  • 75 ml (5 e) sagte botter
  • 125 ml ( ½ k) strooisuiker
  • 1 ekstragroot eier
  • 312 ml (1 ¼  k) koekmeel
  • 60 ml (4 e) kakao
  • 125 ml ( ½ k) klapper

Vulsel

  • 250 ml (1 k) morellokersiekonfyt
  • 24 heel rooi glanskersies

Bolaag

  • 1 ekstragroot eier
  • 125 ml ( ½ k strooisuiker
  • 437 ml (1 ¾  k) klapper

Metode:

Stel oond op 180°C.

Kors

  1. Room botter en strooisuiker tot liggeel.
  2. Klits eier by tot goed gemeng.
  3. Sif koekmeel en kakao. Roer klapper by.
  4. Skep meelmengsel by bottermengsel en roer tot goed gemeng. Gebruik jou hande as die mengsel te styf raak.
  5. Spuit klein muffinpannetjies met kossproei. Skep groot teelepels vol van die deeg in elke holte.
  6. Druk deeg teen die bodem en kante van elke holte vas.
  7. Bak vir 10 minute tot gaar.
  8. Verwyder uit die oond en laat 10 minute eenkant om af te koel.

Vulsel

  1. Verdeel konfyt tussen elke holte, ongeveer 2,5 ml ( ½ t) per holte en sit ʼn kersie bo-op.

Bolaag

  1. Klits die eier. Voeg strooisuiker by en klits weer. Roer klapper by tot goed gemeng.
  2. Skep ongeveer 5 ml (1 t) van klappermengsel bo-op elke happie.
  3. Bak vir 10 minute of tot goudbruin bo-op.
  4. Laat die happies in die pannetjie afkoel. Skep versigtig uit en bedien.

Bron: 50 beste gebak uit Vrouekeur
Uitgewer: Lapa


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085

Latest Images