Quantcast
Channel: Kos | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085

[Resep] Amerikaanse sjokoladebruintjies (brownies)

$
0
0

Amerikaanse sjokoladebruintjies (Foto: Clover Ekonomiese Gesinskos)

Saam met boeretroos voor die kaggelvuur sal hierdie sjokoladebruintjies heerlik in die winter wees.

12 porsies.

Bestanddele:

Sjokoladebruintjies

  • 175 g Clover Springbok-botter
  • 40 g kakaopoeier
  • 2 eiers, liggies geklits
  • 175 g ligte bruinsuiker
  • 2,5 ml vanieljegeursel
  • 115 g gekapte pekanneute
  • 50 g bruismeel

Bolaag

  • 125 g donkersjokolade
  • 25 g Clover Springbok-botter
  • 15 ml Clover-suurroom

Metode:

Bruintjies

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ʼn 20 x 20 cm koekpan met bakpapier uit.
  2. Smelt die botter in ʼn klein kastrol, voeg die kakaopoeier by en meng deeglik, verwyder van hitte en laat afkoel.
  3. Room die eiers, suiker en vanieljegeursel saam in ʼn mengbak voordat die afgekoelde kakao- en bottermengsel bygevoeg word. Meng deeglik.
  4. Voeg die gekapte pekanneute by en meng goed.
  5. Sif die meel oor die mengsel en vou versigtig in met ʼn metaallepel.
  6. Skep die mengsel uit die voorbereide koekpan en bank vir 30-35 minute. Laat die bruintjies effens afkoel voordat dit op ʼn bord uitgekeer word.

Bolaag

  1. Smelt die sjokolade en botter versigtig oor kokende water.
  2. Voeg die suurroom by en roer deur. Laat die bolaag effens afkoel en smeer oor die bruintjies.
  3. Sny in 12 blokkies op.

Uit: Clover se Ekonomiese gesinskos, Lapa-uitgewers


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085

Latest Images