
Immergewilde skons. Foto: Lekker en Vinnig
Lewer 12 Skons
Bestanddele:
- 500 g (4k) bruismeel
- 250 ml (1k) room
- 187 ml sprite of sprite zero
- 30 ml (2e) strooisuiker
- knypie sout
- melk vir bo-oor
Metode:
Stel oond op 200°C.
1. Meng bestanddele behalwe melk in groot mengbak.
2. Druk mengsel met hande bymekaar, maar moenie knie nie.
3. Sprinkel bietjie meel op werksoppervlakte en druk deeg met handpalm gelyk tot ongeveer 2 cm dik.
4. Druk ongeveer 12 skons uit deeg. Plaas op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.
5. Verf bietjie melk liggies oor elke skon.
6. Bak vir 12-15 minute tot goudbruin.
Bron: Lekker & vinnig: Kosblikkos
Uitgewer: Lapa