Saterdag 5 September is dit weer tyd vir verruklike geure en mooi klanke om te ontmoet. Feesgangers kan uitsien na Proe’toria by die Pretoria Botaniese Tuin waar van die land se voorste kunstenaars gaan optree en ʼn verskeidenheid unieke kosstalletjies jou gaan verlei.
↧