Lewer 5 porsies
Jy benodig ʼn suikertermometer vir hierdie resep.
Bestanddele:
- 2 velle ryspapier
- 125 ml heuning
- 290 ml strooisuiker
- 30 ml water
- 2 eierwitte
- 250 ml pistasieneute, ontdop en grofgekap
- 250 ml droë bosbessies
Metode:
- Spuit ʼn vierkantige 15 cm-koekpan met kleefwerende kossproei. Sny die ryspapier so groot soos die bodem van die pan en voer dit daarmee.
- Meng die heuning, suiker en water in ʼn kastrol. Roer oor matige hitte tot die suiker opgelos is. Moenie dat die stroop kook voor die suiker nie heeltemal opgelos is nie.
- Kook die stroop vir sowat 7-8 minute (maar moenie roer nie) of tot dit die hardekraak-stadium (164 ˚C) op ʼn suikertermometer bereik.
- Klits die eierwitte in ʼn hittebestande bak. Voeg die stroop geleidelik by die eierwitte terwyl jy deurentyd klits. Klits tot die mengsel dik en blink is.
- Roer die pistasieneute en bosbessies by. Skep die mengsel vinnig in die voorbereide koekpan. Sprei uit oor die hele pan. Sit die tweede stuk ryspapier bo-op.
- Laat staan vir sowat 2 uur. Doop jou mes in versiersuiker of mielieblom en sny in ewe groot stafies.
Bron: Lekker en Vinnig – Lekkers
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Rooi Rose Versamel resepte, Vickie de Beer.