Quantcast
Channel: Kos | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085

Klink ʼn glasie whisky in Kaapstad

$
0
0
Master of the Quaich, Pierre Meintjes

Master of the Quaich, Pierre Meintjes

Die beste whiskies is vandeesweek in die Moederstad beskikbaar tydens die Whisky Live-viering.

Die fees word van 14 tot 16 April in The Lookout aangebied en is daagliks van 18:00 tot 21:30 oop vir die publiek.

Feesgangers kan uitsien na uiteenlopende whiskies, van die Black Bottle-versnit met sy subtiele, rokerige geure tot Scottish Leader, wat nou ’n heel nuwe perspektief bied, en die enkelmout- Bunnahabhain van Islay wat ’n treffer is onder whiskykenners vanweë sy gebalanseerde en sagte smaakprofiel.

Die mengelmeesters Owen O’Reilly en Samantha Holman sal smaaklike skemerkelkies saamslaan by die Black Bottle-stalletjie, terwyl die whiskykenners Tommy Larkan en Vincent Motau gaste sal verheug met die soet, rokerige, ryk en gladde aanbiedings van Scottish Leader.

Slegs ses bottels van die 12 jaar oue Scottish Leader (wat nie in Suid-Afrika beskikbaar is nie, maar ’n groot treffer in Taiwan is) sal beskikbaar wees vir proe, tesame met die Scottish Leader Original- en die Signature-versnitte wat wel plaaslik te koop is.

Die nuwe Black Bottle is ’n uiters veelsydige versnit van enkelmout- en graanwhiskies wat tans weer in ’n swart bottel bemark word en met ’n hersiene resep wat getrouer is aan die oorspronklike van die skepper, Gordon Graham, wat uit die 19de eeu dateer. Toe dit in 1879 bekend gestel is, is Black Bottle in ’n swart bottel verkoop, maar toe die Eerste Wêreldoorlog die verskaffing van die bottels onderbreek het, is na groen bottels oorgeskakel. Nou, meer as ’n eeu later, is die whisky terug in sy oorspronklike kleur.

Scottish Leader is opgekikker met ’n nuwe voorkoms, terwyl ’n verbeterde resep daartoe gelei het dat die enkelmoutkomponent van Scottish Leader Original vergroot is. Die nuwe vlagskip in die reeks, Scottish Leader Signature, bied aan whiskyliefhebbers ’n aanloklike, komplekse ervaring met vele fasette.

Die Master of the Quaich, Pierre Meintjes, en die ervare bedryfspersoonlikheid Brian Glass, sal die uitsonderlike, bekroonde smaak van Bunnahabhain se enkelmoute met gaste deel. Die ongeturfde, 12-jaar-oue Bunnahabhain sal te proe wees, asook die ewe gladde 18- en 25-jaar-oue whiskies wat in klein hoeveelhede beskikbaar is. Nie een word meer koud gefiltreer nie wat dui op ’n terugkeer na die tradisionele tegniek wat kleur, aroma en geur versterk, en wat ’n natuurlike uitdrukking is van wat uit die vat kom. Die eerste 20 gaste wat enigeen van die whiskies in die reeks koop, sal ’n komplimentêre Bunnahabhain-leersak vir ’n skootrekenaar ontvang.

Die Whisky Live-viering is ’n kleiner, boetiekstyl weergawe van die Whisky Live-fees wat jaarliks in Sandton plaasvind. Die Whisky Live-vierings is intieme geleenthede waar die beste plaaslike en buitelandse whiskies die kollig steel. Besoekers kan meesters in die bedryf ontmoet en leer hoe om die beste uit elke sopie te haal.

Algemene toegangskaartjies kos R180 per persoon en sluit toegang tot die deli-area vanaf 18:00 in, asook toegang tot die proesaal vanaf 18:30. Alle kaartjies sluit ook ’n proeglas, ’n 500ml-bottel Valpré en 15 proekoepons in. Daar’s ook ’n opsie vir ’n toegewyde bestuurder teen R105 per persoon, maar dit sluit nie die proeglas en proekoepons in nie.

Aangesien daar ’n beperkte getal kaartjies beskikbaar is vir die viering word whiskyliefhebbers aangeraai om hul kaartjies aanlyn te bespreek op Whisky Live Festival se webwerf of by Ticketpro.

Volg Black Bottle op Facebook, Twitter en Instagram, of besoek die webblad.

Volg Scottish Leader op Facebook, Twitter en Instagram , of besoek die webblad.

Volg Bunnahabhain op Facebook, Twitter , of besoek die webblad.

**Die Whisky Live-viering bevorder verantwoordelike drankgebruik. Niemand onder die ouderdom van 18 sal in die proesaal toegelaat word nie. Benewens die toegewyde bestuurder-kaartjies, sal UBER byderhand wees om te verseker dat almal ’n fees van ’n tyd het.

Black Bottle Old Fashioned-skemerkelkie Black Bottle Bunnahabhain-reeks Master of the Quaich, Pierre Meintjes Master of the Quaich, Pierre Meintjes, by Whisky Live Scottish Leader Signature Master of the Quaich, Pierre Meintjes Scottish Leader

Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!