Hierdie gereg klink hemels en dit lyk asof dit sommer ʼn gesonde bederf ook is!
Lewer 4-6 porsies
Bestanddele:
- olie vir braai
- 1,5 kg maer lamsrib, in groot stukke gesaag
- 2 groot uie, gekap
- 4 knoffelhuisies, gekneus
- 410 g (1 blik) heel tamaties, grofgekap
- 150 ml lamsvleisaftreksel
- 100 ml balsamiese of bruinasyn
- 3 lourierblare
- 20 ml Worcestershire-sous
- 20 ml bruin suiker
- 100 ml blatjang
- 1 ml fyn gemmer
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 5 ml paprika
- 410 g (1 blik) nierbone, afgespoel
- 410 g (1 blik) botterbone
- 300 g groenbone
Metode:
- Verhit die olie en braai die vleis in ʼn nommer 3-driepootpot oor die kole tot bruin. Skep die vleis uit.
- Soteer die uie en knoffel, voeg die vleis en res van die bestanddele, behalwe die bone, by en laat prut vir 2-3 uur lank tot sag.
- Blansjeer die groenbone in kokende soutwater vir 45 sekondes.
- Voeg die nier-, botter- en groenbone by die vleispot. Laat prut vir ʼn paar minute lank of tot deurwarm.
Bron: Lekker & Vinnig
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Braaitreffers, Hannetjie Joubert.