Die gereg smaak die lekkerste wanneer dit pas voorberei is, maar dit kan vir 24 uur verkoel word. Dit kan vir 30 dae gevries word.
Bestanddele:
- 500 ml koekmeel (250 g)
- 20 ml bakpoeier
- 2,5 ml sout
- 120 g sagte margarien
- ± 150 ml laevetmelk
- 350 g gaar wit hoendervleis, fyngesny (450 g indien nog rou)
- 150 g wit cheddarkaas, gerasper
- 1 klein ui, geskil en gerasper (50 g)
- ± 5 ml witasyn of suurlemoensap
- ʼn knypie fyn naeltjies
- 50 ml gekapte vars pietersielie
- 25 laevetmelk
Metode:
- Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Vryf die margarien in die droë bestanddele in, totdat dit soos klam broodkrummels Iyk. Sny die melk met ʼn slaplemmes by die droë bestanddele in om ʼn stywe, rolbare deeg te vorm. Bedek en verkoel vir 30 minute. Rol die deeg uit op ʼn meelbestrooide oppervlak tot ʼn reghoek van 350 x 250 mm.
- Verhit die oond tot 200°C.
- Versprei die hoender, kaas en ui oor die deeg. Sprinkel die asyn of suurlemoensap oor die mengsel, gevolg deur die naeltjies en pietersielie.
- Rol die deeg soos ʼn rolkoek op. Plaas die rol, met die lasplek na onder, op ʼn gesmeerde bakplaat. Sny die rol in 10 skywe met ʼn skerp mes, maar moenie heeltemal deursny nie. Trek die skywe effens oop. Bestryk die deeg met melk.
- Bak vir 20-25 minute totdat dit uitgerys en goudkleurig is.
Bron: SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit
Uitgewer: Tafelberg