Image may be NSFW.
Clik here to view.
Clik here to view.

(Foto: Beste uit Vrouekeur, Lapa-uitgewers
4 porsies
Bestanddele
- 600 g boerewors
- bietjie olie
- 1 ui, gekap
- 5 ml vars knoffel, gekap
- 250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
- 1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
- 1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
- 3 sprietuie, gekap
- 1 hoenderaftrekselblokkie, gekrummel
- 500 ml kookwater
- 10 ml olie
- 500 ml koeskoes
Metode
- Verhit ʼn braaipan en braai die wors in ʼn bietjie water tot gaar. Moenie ekstra olie gebruik nie.
- Laat die wors afkoel en sny in happiegrootte stukkies.
- Verhit ʼn bietjie olie in ʼn ander braaipan en soteer die ui en knoffel tot die ui sag is.
- Voeg die sampioene by en soteer tot net gaar.
- Voeg die soetrissies by en roerbraai vir twee minute. Die soetrissies moenie sag wees nie. Voeg die sprietuie by en verwyder van die hitte.
- KOESKOES: Los die hoenderaftrekselblokkie in die kookwater op en roer die olie by.
- Roer die koeskoes by die warm hoenderaftreksel. Plaas ʼn deksel bo-op en laat dit vir 10 minute staan tot die koeskoes goed uitgeswel is.
- Roer die koeskoes met ʼn vurk tot dit los van mekaar
- Meng die koeskoes liggies by die worsmengsel. Moenie te veel roer nie, anders lyk dit deurmekaar.
- Sit by kamertemperatuur voor.
Uit: Beste uit Vrouekeur, Marlo Kitshoff Carstens, Lapa-uitgewers