Quantcast
Channel: Kos | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085

[Resep] Terijaki-en-roosmaryn-biefsosaties

$
0
0

Foto: Lekker en Vinnig

Kyk net hoe pragtig lyk dié, en jy maak dit sommer in ʼn japtrap.

Lewer 6 porsies

Bestanddele:

  • 125 ml terijaki-sous
  • 30 ml Dijon-mosterd
  • 30 ml gekapte vars roosmaryn
  • 1 kg ontbeende steak, in 2 cm-blokkies gesny
  • 3-6 murgpampoentjies, in 2 cm-wiele gesny
  • 1 rooi soetrissie, ontpit en in blokke gesny
  • ½ rooi ui, in wiggies gesny
  • sosatiestokkies, vir 1 uur in water geweek

Metode:

  1. Meng die terijaki-sous, mosterd en roosmarynblare in ʼn bak.
  2. Meng die steakblokkies en groente in ʼn groot, herseëlbare sak en giet die marinade oor. Skud die sak om seker te maak dat al die bestanddele goed bedek is.
  3. Druk die lug uit die sak, verseel dit en laat die mengsel vir minstens 2 uur in die yskas rus. Draai die sak nou en dan om.
  4. Ryg die steakblokkies en groente om die beurt op die sosatiestokkies.
  5. Braai dit vir 5 minute op elke kant oor warm kole of tot dit gaar genoeg smaak.

Bron: Lekker en Vinnig – Sosaties
Uitgewer: Lapa


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085