Quantcast
Channel: Kos | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085

[Resep] Susan se soeterige Sondaghoender

$
0
0

Susan se soeterige Sondaghoender. Foto: Verskaf

Die patats met die skil in die plek van aartappels verlaag die ete se GI en is gesonder as aartappels. Die klappermelk, saam met die patats, gee die gereg ʼn soet smakie. Die gereg is vinnig om op ʼn Sondagoggend voor kerk gereed te kry, en dan gou in die oond te druk sodra jy by die huis kom, skryf ʼn Maroela-leser, Susan van Pretoria.

Bestanddele:

  • 8 hoenderstukke (dye en boudjies) met vel
  • 4 medium patats, met skil in die lengte in repe gesny
  • 4 medium wortels, geskil en in lang repe gesny
  • 1 pers ui, in growwe stukke gekap
  • 1 k gedroogde appelkose
  • geurmiddels
  • ½ k blatjang
  • 1 blikkie lite-klappermelk
  • 1 k natuurlike jogurt
  • ½ pakkie sampioensoppoeier
  • paar takkies vars roosmaryn

Metode:

  1. Pak die hoender, patats en wortels in ʼn groot oondbak en strooi die uie oor.
  2. Druk die appelkose tussenin.
  3. Strooi geurmiddels na smaak oor (nie speserye nie; pasop vir te veel sout), soos suurlemoen- en swartpepergeursel.
  4. Meng die blatjang, klappermelk, jogurt en soppoeier. Gooi dit bo-oor die hoender en groente; maak seker alles is bedruip.
  5. Pak ʼn paar takkies roosmaryn bo-op en bedek met foelie.
  6. Bak bedek met foelie teen 180 ˚C  vir ongeveer 1 uur; haal foelie af en bak vir verdere 30-40 minute, tot hoender bruin gebak is en sous dik geword het.
  7. Sit voor saam met dik snye Portugese brood wat met ʼn dun lagie vars basiliepesto gesmeer is.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085