Is jy lus vir iets anders as sop? Probeer gerus hierdie hoenderpastei dié naweek.
Bestanddele:
- 10 ml kanola-olie
- 1 ui, fyngekap
- 5 ml fyngekapte knoffel
- 1 kg hoendervleisrepies
- sout na smaak
- 10 peperkorrels, fyngedruk
- hoenderaftrekselblokkies
- 250 ml vermicelli
- 2 x 400 g skilferkorsdeeg
- 5 eiers, gekook, afgedop en in skyfies gesny
- 1 x 50 g pakkie wit uiesoppoeier
Metode:
- Verhit die olie in ʼn kastrol en smoor die ui, knoffel en hoenderrepies tot die ui sag en deurskynend is.
- Voeg die sout en peper by.
- Meng die soppoeier goed met ʼn bietjie warm water tot daar geen klonte is nie. Voeg die sopmengsel by die hoenderrepies.
- Los die aftreksel in ʼn klein bietjie water op en voeg dan saam met die vermicelli by die hoenderrepies. Laat die mengsel vir 15 minute prut.
- Verwyder van hitte en laat effens afkoel.
- Voorverhit die oond tot 190 °C en spuit ʼn groot oondvaste bak met kossproei.
- Rol die eerste pakkie skilferkorsdeeg in die voorbereide oondbak uit.
- Druk ʼn paar gaatjies in die deeg en voer met bakpapier uit. Vul die bodem van die bak met droë boontjies en bak die kors blind vir 15 minute.
- Verwyder uit die oond, haal die boontjies en bakpapier uit en bak vir nog 5 minute.
- Haal die bak uit die oond en laat die kors effens afkoel.
- Skep die hoendermengsel in die kors en versprei eweredig.
- Rangskik die eierskyfies op die hoendermengsel en plaas ʼn laag skilferkorsdeeg oor die eierskyfles.
- Gebruik ʼn vurk om die rande van die deegdeksel op die deegkors vas te druk.
- Verf die pastei met geklitste eiergeel.
- Bak vir 20-30 minute tot goudbruin en gaar.
- Bron: Kook saam Kaaps
- Uitgewers: Lapa