Sit dié koekies voor saam met ʼn lekker koppie tee.
Lewer 20 koekies
Bestanddele:
- 225 ml botter
- 60 ml strooisuiker
- 5 ml vanieljegeursel
- 250 ml koekmeelblom
- 125 ml mielieblom
- 40 g donker sjokolade, gesmelt
- 40 g wit sjokolade, gesmelt
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180 ˚C.
- Klop die botter en suiker saam tot lig en romerig.
- Voeg vanieljegeursel by en meng goed.
- Sif die meel en mielieblom saam en voeg by. Meng tot ʼn sagte deeg.
- Skep dit uit in ʼn spuitsak met ʼn 1 cm-spuit en spuit 8 cm-lengtes op ʼn gesmeerde bakplaat.
- Bak vir 15 minute of tot verkleur. Laat afkoel.
- Spuit fyn strepies van die donker sjokolade in ʼn sigsagpatroon bo-oor en laat stol. Herhaal met die wit sjokolade.
- Bron: 101 kleinkoekies
- Uitgewer: Lapa