Image may be NSFW.
Clik here to view.
Clik here to view.

Snoek oor die kole (Foto: Gunsteling Suid-Afrikaanse kos, Lapa-uitgewers)
Snoek oor die kole en ʼn glas wyn in die hand – dit is geselligheid op sy beste!
6-8 porsies
Bestanddele:
- 1 snoek
- 100 g Clover Farmstyle-botter
- 4 knoffelhuisies
- 125 ml appelkooskonfyt
- 30 ml vars suurlemoensap
- 30 ml witwyn
- sout en peper
Metode:
- Sny die snoek se stert en kop af. Sny die maaggedeelte oop en haal al die binnegoed uit. Was die snoek goed onder lopende water. Klad die snoek met kombuispapier droog tot die meeste water geabsorbeer is.
- Verhit die botter en knoffel saam en laat dit oor lae hitte prut. Roer die appelkooskonfyt by tot dit gesmelt is en haal die mengsel van die hitte af.
- Roer die suurlemoensap en witwyn by die bottermengsel tot goed gemeng.
- Geur die vis liggies met sout en peper.
- Plaas die oopgevlekte snoek op 2 lae dik foelie. Verf die snoek goed met die bottermengsel. Die vleiskant van die snoek moet na bó wys.
- Braai dit ongeveer 15 minute tot gaar, afhangend van hoe warm die kole is en hoe hoog die rooster bokant die kole is. Druk ʼn vurk in die dikste gedeelte van die snoek. As die snoek vlok, is dit gaar.
- Sit dit warm voor saam met vars witbrood en korrelkonfyt.
Wenk: Om tyd en moeite te spaar kan jy ʼn skoongemaakte snoek koop.
- Bron: Gunsteling Suid-Afrikaanse kos
- Uitgewer: Lapa