
Lemoenkoek (Foto: Lapa-uitgewers)
Dié koek gaan nié die einde van die naweek sien nie!
Lewer 12 porsies
Bestanddele:
- 500 ml (2 k) koekmeel
- 10 ml (2 t) bakpoeier
- knippie sout
- 75 ml (5 e) Clover Farmstyle-botter
- 125 ml (½ k) Clover-volroommelk
- 4 eiers, geskei
- 250 ml (1 k) strooisuiker
- 125 ml (½ k) Clover Krush-lemoensap
Versiersel
- 75 ml (5 e) Clover Farmstyle-botter
- 250 ml (1 k) versiersuiker
- 30 ml (2 e) Clover Krush-lemoensap
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ʼn ringkoekpan met ʼn deursnee van 26 cm goed met botter. Strooi ʼn bietjie koekmeel in die pan en skud die oortollige meel uit.
- Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
- Verhit die botter en melk saam oor lae hitte tot warm maar nie kokend nie.
- Klits die eierwitte styf en klits die strooisuiker geleidelik by.
- Gooi die eiergele by en klits tot die mengsel lig en donserig is.
- Roer die meelmengsel en melkmengsel beurtelings by die eiermengsel.
- Voeg die lemoensap by en roer tot glad.
- Skep die beslag in die voorbereide pan en bak dit 30 minute lank of tot ʼn toetspen skoon uitkom.
- Laat die koek vir 15 minute in die pan afkoel en keer dit dan op ʼn afkoelrakkie uit om heeltemal af te koel. Plaas dit op ʼn geskikte koekstaander.
- Klits die botter tot liggeel. Klits die versiersuiker geleidelik by. Voeg die lemoensap by wanneer die versiersuiker styf word. Hou aan klits tot die versiersuiker sag en romerig is.
- Versier die koek na smaak.
- Bron: Gunsteling Suid-Afrikaanse kos
- Uitgewer: Lapa