Quantcast
Channel: Kos | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085

[Resep-video] Piesang-koppiekoek

$
0
0

Piesang-koppiekoek (Foto: Janie du Plessis)

Raak jy ook lus vir koek, maar is nie lus om ʼn hele een te bak nie? Beproef gerus hierdie vinnige en maklike koppiekoek.

Bestanddele

  • 1 mediumgrootte oorryp piesang, fyngedruk
  • 1 eier
  • 1 e olie
  • ¼ k bruinsuiker
  • ¼ k meel
  • ¼ t bakpoeier
  • 1 t vanieljegeursel
  • bietjie sout

Metode                                             

  1. Meng al die bestanddele in ʼn koppie.
  2. Mikrogolf vir 2 minute op hoog.
  3. Haal uit en toets. ʼn Toetspen moenie skoon uit die beslag kom nie, maar ’n paar krummels aanhê.
  4. Indien nodig, mikrogolf weer vir 10 sekondes per slag, tot gaar.
  5. Eet dadelik uit die koppie uit.

[This post contains video, click to play]


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085