Quantcast
Channel: Kos | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085

[Resep] Appelkoos-en-hoendersosaties

$
0
0

Appelkoos-en-hoendersosatie (Foto: Lapa-uitgewers)

Gooi dié heerlike sosaties die naweek op die kole.

4 porsies

Bestanddele:

  • 8 sosatiestokkies, vooraf in water geweek
  • 4 hoenderborsies, in 3 cm-blokkies gesny
  • 12 klein uitjies, gehalveer
  • 1 groen soetrissie, ontpit en in 3 cm-blokkies gesny
  • 410 g (1 blik) appelkooshelftes, gedreineer
  • 1 vars pynappel, geskil en in 3 cm-blokkies gesny
  • knippie sout en swartpeper

Sous

  • 60 ml Clover Tropika-pynappelsap
  • 45 ml blatjang
  • knippie brandrissiepoeier
  • 125 ml caesar vinaigrette

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ’n oondbak van ongeveer 34 cm x 24 cm met botter.
  2. Ryg die hoenderblokkies, uitjies, soetrissie, appelkooshelftes en pynappelblokkies beurtelings op die sosatiestokkies.
  3. Geur dit met sout en peper en plaas dit in die voorbereide oondbak.
  4. Meng die sousbestanddele saam en giet dit oor die sosaties.
  5. Bedek die oondbak met foelie en bak dit vir 30 minute. Verwyder die foelie en rooster die sosaties tot goudbruin onder die oond se element.
  6. Sit dit warm voor.

Bron: Gunsteling Suid-Afrikaanse kos

Uitgewer: Lapa


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085