Quantcast
Channel: Kos | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085

[Resep] Yskoffie

$
0
0

Yskoffie (Foto: Cafe2go)

As jy nie van roomys en geklopte room hou nie is hierdie nié die drankie vir jou nie. Maar wanneer die temperatuur styg na 35 °C mag dit dalk net die tyd wees om ʼn lekker yskoffie te geniet!

Bestanddele:

  • 2 skeute espresso
  • 3 ysblokkies
  • vanieljeroomys
  • volroom melk
  • styfgeklopte room
  • knypie kakao

Metode:

  1. Giet twee skeute espresso oor drie ysblokkies in ʼn deurskynende glas.
  2. Voeg ʼn lekker groot skep roomys bo-op en maak die glas vol met volroom melk.
  3. Plaas ʼn goeie skep styfgeklopte room bo-op en versier met ʼn sprinkel kakao.
  4. Geniet dadelik!

Kry nog Cafe2go resepte hier


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085