Quantcast
Channel: Kos | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085

[Video] Hap saam met Lochner: Konsertina-aartappels

$
0
0

Lochner de Kock (Foto: Skermgreep uit video)

Heerlike biltong-en-kaas-aartappels. Kyk hier hoe maak Lochner dit!

Bestanddele:

  • 2 aartappels, gekook
  • olie
  • 100 ml botter, gesmelt
  • vars pietersielie
  • ½ koppie biltong, fyngekap
  • suurroom
  • wit cheddarkaas

Metode:

  1. Sny aartappels in ʼn lepel sodat dit ʼn waaiervorm maak.
  2. Gooi olie in ʼn oondbak en plaas die gesnyde aartappels daarin.
  3. Gooi gesmelte botter oor die aartappels.
  4. Knip vars pietersielie bo-oor en sprinkel biltong oor.
  5. Skep suurroom op aartappels en strooi kaas bo-oor.
  6. Bak teen 180 °C tot kaas borrel.
  7. Geniet dadelik.

Sien gerus in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.

Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Sien al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. -Red

Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:

[This post contains video, click to play]


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085