ʼn Heerlike broodjie is nooit te versmaai nie – en ʼn gesondheidsbroodjie is immers nog beter.
Lewer 1 middelslag-broodjie
Bestanddele:
- 500 g bruismeel
- 5 ml bakpoeier
- 250 ml sonneblomsade
- 60 ml suiker
- 250 ml semels (bran)
- 250 ml rosyne
- 1 eier, geklits
- 375 ml melk
- 10 ml papawersaadjies
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ʼn klein broodpan.
- Sif die bruismeel en bakpoeier saam.
- Voeg die sonneblomsaad en suiker by en meng goed.
- Voeg die res van die bestanddele, behalwe die papawersaadjies, by die meelmengsel en meng goed tot ʼn deeg vorm.
- Skep die deeg in die broodpan en strooi die papawersaadjies oor.
- Bak vir 1 uur tot goudbruin en gaar.
Bron: Kook saam Kaaps
UItgewer: Lapa