Quantcast
Channel: Kos | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085

[Resep] Piesangdriehoekies

$
0
0
Foto: Koningskos vir kinders

Foto: Koningskos vir kinders

Jou baba is reg vir vingerkos wanneer hy al iets in sy vuis, of tussen sy vingers kan vashou en as hy al koubewegings maak. Die meeste babas van tussen 8 en 9 maande sal vingerkos geniet.

Lewer 8 driehoekies

Bestanddele:

  • ½ ryp piesang, geskil
  • 50 ml bors-, formule of beesmelk
  • ʼn knippie gemaalde kaneel
  • ʼn druppeltjie vanielje-ekstrak of geursel
  • 2 snye bruinbrood, in driehoekies of vingertjies gesny
  • botter vir braai

Metode:

  1. Verpulp al die bestanddele, behalwe die brood, in ʼn voedselverwerker en meng goed.
  2. Doop die brood in die mengsel en braai oor matige hitte in die botter tot goudbruin.
  3. Laat koel ʼn bietjie of voordat jy dit vir jou baba gee.

Wenk:

Tweedae-oue brood werk die beste, want vars brood is te sag en breek.

Bron: Koningskos vir kinders
Uitgewer: Lapa


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085