Quantcast
Channel: Kos | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085

[Resep] Grondboontjiebotterkaaskoek

$
0
0
grondboontjiebotterkaaskoek

Grondboontjiebotterkaaskoek Foto: 50 beste gebak uit Vrouekeur.

Moenie broslekkers te lank vooraf op die kaaskoek sprinkel nie, want dit raak taai wanneer dit met vog in aanraking kom.

Lewer 16 porsies

Bestanddele:

Kors

  • 200 g (1 pak Romany Creams)
  • 2,5 ml (½ t) fyn kaneel
  • 60 ml (4 e) botter, gesmelt

Vulsel

  • 750 g (3 x 250 g-bakkies) laevetroomkaas
  • 250 ml (1 k) strooisuiker
  • 75 ml (5 e) gladde grondboonbotter
  • 60 ml (4 e) koekmeel
  • 4 ekstragroot eiers
  • 125 ml (½ k) melk

Bolaag

  • 385 g (1 blik) karamelkondensmelk
  • 200 g (1 groot plak) donkersjokolade, gesmelt
  • 1 groot grondboonbroslekker, grofgekap

Metode:

  1. Stel oond op 180 ˚C.

Kors

  1. Kap koekies en kaneel in voedselverwerker fyn. Voeg botter by en meng goed.
  2. Druk koekiemengsel op bodem van losboomkoekpan met 24 cm-deursnee vas.

Vulsel

  1. Meng roomkaas, strooisuiker en grondboonbotter goed.
  2. Sif koekmeel bo-oor roomkaasmengsel en meng goed.
  3. Klits eiers en melk goed en meng by roomkaasmengsel.
  4. Skep vulsel in tertkors en bak vir 20 minute. Verlaag hitte tot 150 °C (en bak vir nog 45 minute).
  5. Skakel oond af, maak oonddeur effens oop en laat kaaskoek vir nog 1 uur in oond staan.

Bolaag

  1. Meng kondensmelk en sjokolade.
  2. Skep sjokolademengsel bo-op kaaskoek en sprinkel broslekkerstukkies bo-oor.
  3. Maak kaaskoek los uit losboomkoekpan en sit in skywe voor.
  4. Hou in yskas.

Bron: 50 beste gebak uit Vrouekeur
Uitgewer: Lapa


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085