Quantcast
Channel: Kos | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085

[Resep] Veselryke biltongpoffertjies

$
0
0
Foto: Lekker en Vinnig.

Veselryke biltongpoffertjies. Foto: Lekker en Vinnig.

Lewer 12 poffertjies

Bestanddele:

  • 100 g fyngestampte biltong
  • 250 ml volkoringmeel
  • 250 ml koekmeel
  • 30 ml bakpoeier
  • 5 ml mosterdpoeier
  • 5 ml sout
  • 125 ml gerasperde Cheddarkaas
  • 3 eiers
  • 200 ml melk
  • 100 ml olie
  • 15 ml suurlemoensap

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ʼn klein muffinpannetjie.
  2. Meng die biltong, volkoring- en koekmeel, bakpoeier, mosterd en sout in ʼn groot mengbak.
  3. Voeg die kaas by en roer dit deur.
  4. Klits die eiers, melk, olie en suurlemoensap saam en roer die mengsel liggies by die droë bestanddele in. Moenie te veel meng nie, net tot al die bestanddele gemeng is.
  5. Skep die muffinpannetjie-holtes driekwart vol en bak dit vir ongeveer 20 minute.

Bron: Lekker & Vinnig – Biltonggeregte
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Vallei van melk en heuning, Riana Scheepers)


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085