Dié lekker resep lewer ongeveer 80 stukkies besluit.
Bestanddele:
- 1,5 kg koekmeel
- 60 ml bakpoeier
- 5 ml sout
- 185 ml suiker
- 500 ml natuurlike jogurt
- 385 g (1 blik) kondensmelk
- 185 ml water
- 250 g ( ½ blok) botter
- 4 ekstragroot eiers
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180°C.
- Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Roer die suiker by.
- Meng die jogurt, kondensmelk en water goed.
- Smelt die botter oor lae hitte en laat eenkant om effens af te koel.
- Klits die eiers en roer by kondensmelkmengsel. Roer die afgekoelde botter by.
- Meng die kondensmelkmengsel by die meelmengsel en voeg bietjie water by indien nodig. Knie tot goed gemeng.
- Vorm balletjies en plaas styf teen mekaar in ‘n gesmeerde oondpan.
- Bak vir 45 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom.
- Keer beskuit uit en breek of sny in stukke.
- Plaas die beskuit op bakplate en droog oornag uit teen 70°C met die oonddeur effens oop.
Bron: Lekker & vinnig
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Vinnig en maklik – resepte uit Vrouekeur 3, Marlo Carstens