Quantcast
Channel: Kos | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085

[Resep] Hoender met muskadelsous

$
0
0
Foto: Lekker en Vinnig

Hoender met muskadelsous. Foto: Lekker en Vinnig

Bestanddele:

  • 500 g hoenderfilette, in repies gesny
  • 50 ml Worcestersous
  • 50 ml bruinsuiker
  • 100 ml muskadel- of soetwyn
  • 25 ml kanola- of olyfolie
  • 4 groot bruin sampioene, in skywe gesny (250 g)
  • 1,25-2,5 ml gemaalde kaneel
  • 50 ml perskeblatjang
  • 25 ml gekapte vars pietersielie

Metode:

  1. Plaas die hoenderrepies in ʼn glasbak. Voeg die Worcestersous, bruinsuiker, wyn en 5 ml olie by en meng. Verkoel en marineer dit 30 minute lank.
  2. Verhit 5 tot 10 ml olie in ʼn groot braaipan. Dreineer die hoenderrepies en roerbraai die vleis in twee sarsies totdat dit verkleur. Hou dit eenkant warm.
  3. Verhit die oorblywende olie in dieselfde braaipan en roerbraai die sampioenskywe tot gaar maar steeds sappig. Skep dit uit en hou dit warm.
  4. Gooi die gedreineerde marinade, kaneel en blatjang in die braaipan en verhit tot kookpunt. Voeg die hoender en sampioene by en verhit tot stomend warm. Strooi die gekapte pietersielie oor.
  5. Sit dit voor met skulpnoedels, rys, koeskoes of gort en slaai, of gestoomde groen groente soos broccoli, Brusselse spruite of groenertjies.

Bron: Lekker en Gesond
Uitgewer: Lapa


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085