Lente is in die lug en daarom deel ons ʼn heerlike en verfrissende resep, perfek vir die nuwe seisoen.
Lewer 6 porsies
Bestanddele:
- 6 x 100 g-bakkies jogurt, enige geur
- 6 roomysstokkies
Metode:
- Maak ‘n klein snytjie in die middel van elke jogurtbakkie se dekseltjie.
- Druk ‘n roomysstokkie in elke snytjie en vries die bakkies tot hard. Dit neem omtrent 3 ure.
- Trek die dekseltjies versigtig van die bakkies af en druk die bakkies aan die onderkant om die jogurtysies uit te haal.
- Vars of ingemaakte vrugtestukkies kan by die jogurt geroer word voordat dit gevries word. Sny ‘n paar vierkante aluminiumfoelie uit om die bakkies toe te maak en druk die roomysstokkies daardeur voordat dit gevries word.
Bron: Lekker en Vinnig – Lekkers
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Nie vir Ma’s nie, Karin Behm-Joubert en Daleen van der Linde.