Quantcast
Channel: Kos | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085

[Resep] Boereworssosaties

$
0
0
Foto: Beste uit Vrouekeur.

Boereworssosaties. Foto: Beste uit Vrouekeur.

Steek die vuur solank aan – die naweek is hier! Hierdie resep is ʼn moet vir die naweek se lente-feesviering.

Lewer 6 porsies

Bestanddele:

Sosaties

  • 12 sosatiestokkies
  • 600 g boerewors
  • 250 g (1 pakkie) streepspek
  • 440 g (1 blik) pynappelstukke
  • 1 rooi soetrissie, ontpit en in blokke gesny
  • 1 groen soetrissie, ontpit en in blokke gesny
  • 12 klein uie, skoongemaak en gehalveer

Sous

  • 187 ml (¾ k) pynappelstroop
  • 10 ml (2 t) mielieblom
  • 15 ml (1 e) sojasous
  • 15 ml (1 e) rysasyn

Metode:

Sosaties

  1. Laat die sosatiestokkies vir ongeveer 1 uur in water lê – sodat die stokkies nie brand wanneer dit gebraai word nie.
  2. Kook die boerewors in ʼn bietjie water in ʼn pan tot amper gaar. Laat dit effens afkoel en sny in happiegroottes.
  3. Sny die streepspek in die helfte (vertikaal). Draai stukkies spek om elke worshappie.
  4. Dreineer die pynappelstukke, maar behou stroop. Steek die boereworshappies en pynappelstukke, soetrissieblokke en uitjies beurtelings op die sosatiestokkies.

Sous

  1. Verhit die pynappelstroop, mielieblom, sojasous en rysasyn saam in ʼn kastrol tot kookpunt. Roer aanhoudend totdat die sous glad is en effens verdik. Hou eenkant tot benodig.
  2. Braai die sosaties oor kole of in ʼn braaipan met ʼn bietjie olie tot gaar.
  3. Skep die sous oor die sosaties en sit voor.

Bron: Vinnig en maklik: Resepte uit Vrouekeur 3
Uitgewer: Lapa


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085