Quantcast
Channel: Kos | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085

[Resep] Maalvleis-roly-poly

$
0
0
Foto: Kook saam Kaaps

Maalvleis-roly-poly. Foto: Kook saam Kaaps

Wat ʼn heerlike Kaapse resep van Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker! Dié twee het verlede maand by Maroela Media kom kuier oor hul kookboek Kook saam Kaaps.

Lewer 6-8 porsies

Bestanddele:

  • 5 ml kookolie
  • 15 ml botter
  • 1 groot ui, fyngekap
  • 5 ml fyngekapte knoffel
  • 7,5 ml fyn gemmer
  • 10 ml bruinsuiker
  • 7,5 ml matige kerriepoeier
  • 5 ml borrie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 500 g beesmaalvleis
  • 25 ml blatjang
  • 10 ml appelkooskonfyt
  • 10 ml asyn
  • 10 ml worcestersous
  • 10 ml tamatiepasta
  • 500 g klaargemaakte brooddeeg
  • 1 eier, geklits

Metode:

  1. Verhit die olie en botter in ʼn swaarboomkastrol en braai die uie liggies tot sag en deurskynend.
  2. Voeg die gekapte knoffel by en braai vir nog 2 minute.
  3. Voeg die gemmer, suiker, kerrie, borrie, sout en peper by die uie en braai liggies vir ʼn verdere 2 minute.
  4. Voeg die maalvleis, blatjang, appelkooskonfyt, asyn, worcestersous en tamatiepasta by en roer deur.
  5. Laat die mengsel vir 30-45 minute oor matige hitte prut.
  6. Voorverhit die oond tot 180 ˚C en spuit ʼn bakplaat met kossproei.
  7. Rol die deeg op ʼn meelbestrooide oppervlak tot 1 cm dik uit
  8. Skep die kerriemaalvleis op die deeg en versprei dit eweredig.
  9. Rol die deeg op soos ʼn rolkoek en sny die rol in 1 cm-skywe.
  10. Pak die skywe plat op die voorbereide bakplaat en verf die geklitste eier bo-oor.
  11. Bak vir 15-20 minute tot goudbruin en gaar.

Bron: Kook saam Kaaps
Uitgewer: Lapa

[This post contains video, click to play]


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085