Quantcast
Channel: Kos | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085

[Resep] Ystervarkies

$
0
0
Foto: Lekker en Vinnig

Ystervarkies. Foto: Lekker en Vinnig

Ystervarkies laat mens nooit in die steek nie en is ʼn perfekte peuselhappie vir die komende naweek.

Lewer 16 ystervarkies

Bestanddele:

Koek

  • 4 eiers
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 250 ml strooisuiker
  • 500 ml bruismeel, gesif
  • knippie sout
  • 250 ml water
  • 125 ml olie

Sous

  • 500 ml versiersuiker
  • 80 ml kakao
  • 125 ml melk
  • 30 ml botter
  • 500-750 ml klapper

Metode:

Koek

  1. Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ‘n reghoekige 3-liter oondvaste bak.
  2. Klits die eiers saam met die vanieljegeursel tot skuimerig. Voeg die strooisuiker stadig by, terwyl jy die mengsel aanhoudend klits tot romerig.
  3. Klits die bruismeel en sout by. Meng die water en olie en vou dit in.
  4. Giet die beslag in die voorbereide bak en bak die koek vir 30 minute.
  5. Verwyder uit die oond en laat dit afkoel voordat jy dit in vierkante of reghoeke sny.

Sous

  1. Sif die versiersuiker en kakao saam.
  2. Verhit die melk en botter saam totdat die botter gesmelt het.
  3. Voeg die melkmengsel by die versiersuikermengsel en roer tot glad.
  4. Doop die stukkies koek in die sous en rol dit in die klapper. Skud die oortollige klapper liggies af.

Bron: Lekker en Vinnig
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Soet en sout deur Margie van Tonder


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085