Quantcast
Channel: Kos | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085

[Resep] Varkfilet met groenpeperkorrels, sampioen en brokkoli

$
0
0
Foto: Een pot/pan/bakplaat deur Mari-Louis Guy en Callie Maritz

Varkfilet met groenpeperkorrels, sampioen en brokkoli. Foto: Een pot/pan/bakplaat

Mari-Louis Guy en Callie Maritz is ʼn gewilde broer-en-suster-span wat hul passie vir kos uitleef in hul kombuis-ateljee in Kaapstad.

4-6 Porsies

Bestanddele:

  • 2 varkfilette
  • 1 e (15 ml) olyfolie
  • sout en peper
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 e (30 ml) botter
  • 3-4 takkies vars tiemie (slegs die blare)
  • 300 g gemengde sampioene
  • 1 k (250 ml) hoenderaftreksel
  • 2 e (30 ml) korrelmosterd
  • 1 k (250 ml) vars room
  • 1 klein potjie (90 g) groenpeperkorrels, gedreineer
  • 2 k bevrore brokkoli

Metode:

  1. Verhit ‘n groot braaipan oor hoë hitte. Smeer die vleis met die olyfolie, geur met sout en peper en braai vir 10- 12 minute. Draai dit gereeld om tot bruingebraai aan alle kante. Haal die vleis uit die pan en laat dit rus.
  2. Plaas die ui, botter, tiemie en sampioene in die pan. Braai dit terwyl jy deurgaans roer, totdat die ui sag is en die sampioene mooi bruin gebraai het.
  3. Voeg die aftreksel by. Sodra dit begin borrel, kan jy die mosterd en room byvoeg. Kook vir 5 minute tot die romerige sous opkook. Voeg die groenpeperkorrels by en roer deeglik deur.
  4. Sny die varkfilette op en plaas terug in die pan.
  5. Voeg die brokkoli by en verhit tot deurwarm. Sit dadelik voor.

Bron: Een pot/pan/bakplaat deur Mari-Louis Guy en Callie Maritz
Uitgewer: Human en Rousseau


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085