
‘n Skermskoot uit die video
Het jy al planne om Erfenisdag op 24 September te vier? Jy hoef gelukkig nie ver te soek nie! Suzelle DIY en Evita Bezuidenhout wys in haar jongste video die maklikste manier om rooibosbeskuit te maak. Erfenisdag was moontlik nog nooit só lekker nie!
Erfenisdag is ʼn jaarlikse instelling waartydens Suid-Afrikaners aangemoedig word om hulle kultuur, diversiteit, geloof en tradisies te vier. Dié dag word sedert 1995 gevier.
Hoewel verskeie geleenthede, onder meer ook braaidag, deel vorm van dié vakansiedag, is dit ʼn geleentheid vir Suid-Afrikaners om mekaar se verskille te aanvaar en te waardeer.
Of jy nou beplan om die kole vir die braaivleisvuur te pak, ʼn dag saam met jou familie deur te bring of bloot net laat uit die vere op te staan, meen Suzelle dat dié Erfenisdag-rooibosbeskuit jou behoorlik gaan laat smul.
Dit is dalk ook ʼn gawe geskenk om vir ʼn smulpaap of sommer net jou buurman te gee om dié dag mee te vier.
Lees alle vorige berigte oor Suzelle DIY op Maroela Media, sluit by haar YouTube-kanaal aan of besoek haar Facebook-blad.
Lees alle vorige berigte oor Suzelle DIY op Maroela, sluit by haar YouTube-kanaal aan of besoek haar Facebook-blad.