Quantcast
Channel: Kos | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085

[Resep] Shaleen se Kaaps-Maleise kerrie

$
0
0
Foto: Verskaf

Shaleen se Kaaps-Maleise kerrie. Foto: Verskaf

Shaleen Surtie-Richards deel een van haar gunstelingresepte wat sy gereeld in een van haar Argilla-bakke opdis. Klik op die skakel onderaan die resep om een van Argilla se pragtige bakke te wen.

Bestanddele:

  • 1 kg skaap- of beesskenkels
  • 1 dun gesnyde ui
  • 3-4 heel kruienaeltjies
  • 2-3 kardamomsade
  • 1 blik heel Roma-tamaties en ʼn bietjie van die sap uit die blikkie
  • 1 t borrie
  • 1 t fyn komyn
  • 1 t fyn koljander
  • 2-3 lourierblare
  • 2-3 t gemaalde gemmer
  • 2 gemaalde knoffel
  • 125 ml klappermelk
  • 1 t vars, fyngekapte koljanderblare
  • sout en peper na smaak
  • gemengde groente (opsioneel)

Metode:

  1. Plaas vleis in ʼn mediumgrootte Gourmet Argilla-bak. Meng die res van die bestanddele en gooi oor die vleis.
  2. Bak teen 180 °C met die deksel op vir ʼn uur en ʼn half tot twee ure, of tot die vleis sag is.
  3. Bedien met rys en garneer met koljanderblare.

Kliek hier om vir die Argilla-kompetisie in te skryf.

Foto: Verskaf Foto: Verskaf Foto: Verskaf

Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085