Liesel Krause-Wiid deel een van haar gunstelingresepte wat sy gereeld in een van haar Argilla-bakke opdis. Klik op die skakel onderaan die resep om een van Argilla se pragtige bakke te wen.
Bestanddele:
- 1 pak deeg
- tamatie-en-uiesmoor
- roomkaas
- gesnipperde ham
- basilieblare
- fetakaas
- tamaties
- uie en olywe (opsioneel)
- olyfolie
- gerasperde kaas
Metode:
- Rol die deeg dun uit en smeer met tamatie-en-uiesmoor en roomkaas.
- Strooi gesnipperde ham, basilieblare, fetakaas en opgesnyde tamaties bo-oor (uie en olywe opsioneel).
- Rol die deeg met die bestanddele op en sny in 6 cm-skywe. Pak twee-twee langs mekaar in ʼn gesmeerde All-in-One-bak.
- Smeer of spuit ʼn bietjie olyfolie bo-oor en strooi gerasperde kaas oor.
- Bak vir 30 minute teen 180 °C.
Klik hier om vir die kompetisie in te skryf.
Koop jou Argilla-bak op Maroela Media se aanlynwinkel.


