
Varkpasteitjies (Foto: Rooi Rose se Kuierkos)
Die feit dat dié resep varkworsievleis gebruik, sorg dat jy die pasteitjies in ʼn japtrap kan maak! Dis ook perfek vir ʼn piekniek in die warm weer.
Lewer 8 porsies
Bestanddele
Vulsel
- 700 g goeie varkworsies
- 15 ml olyfolie
- 1 ui, fyngekap
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 30 ml vinkelsaad
- 45 ml port (of lemoensap)
- ʼn groot handvol pietersielie en grasuie, fyngekap
- sout en gemaalde swartpeper
- 1 appel, gerasper
Kors
- 200 g koekmeel
- 200 g botter
- 200 g cheddarkaas, gerasper
- 1 eier
Metode
Vulsel
- Druk die varkvleis uit die worsomhulsel in ʼn mengbak.
- Verhit die olyfolie en braai die ui en knoffel tot goudkleurig. Roer die worsvleis by en braai vir 5 min.
- Gooi die vinkel, lemoenskil, port en kruie by en meng goed. Geur met sout en peper. Voeg laastens die appel by.
Kors
- Verwerk al die deegbestanddele in ʼn voedselverwerker tot goed gemeng. Vorm ʼn ronde skyf met jou hand, draai in kleefplastiek toe en sit in die yskas vir 1 uur.
- Rol die deeg op ʼn skoon, meelbestrooide werkvlak uit tot 5 mm dik.
- Druk 8 sirkels van 15 cm en 6 sirkels van 7 cm uit die deeg.
- Voer 8 holtes van ʼn muffinpannetjie met die groot deegsirkels uit.
- Verdeel die vulsel tussen die holtes en bedek elkeen met ʼn kleiner sirkel. Knyp die “deksels” met jou vingers toe.
- Klits die eiers liggies met ʼn knippie sout en verf die deeg daarmee.
- Bak vir 40 minute of tot goudbruin en gaar. Laat effens afkoel en keer die pasteitjies uit.
Bron: Rooi Rose Kuierkos
Uitgewer: Human & Rousseau