Quantcast
Channel: Kos | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085

[Resep] Hoender-korma

$
0
0
Hoender-korma (Foto: Trooskos)

Hoender-korma (Foto: Trooskos)

Jy hoef nie ʼn sjef te wees om dié resep te bemeester nie. Dis doodeenvoudig om aanmekaar te slaan – niemand het lus om op ʼn Dinsdag ure agter die potte te staan nie!

Genoeg vir 6

Bestanddele

  • ¼ k (60 ml) Clover-suurroom
  • 1 e (15 ml) kerriepasta
  • 1 t (5 ml) garam masala
  • 1 t (5 ml) borrie
  • 1 knoffelhuisie, gepers
  • 800 g hoenderfilette, in blokkies gesny
  • 2 e (30 ml) Clover Springbok-botter
  • 1 e (15 ml) olie
  • 2 uie, geskil en fyn gekap
  • ½ k (125 ml) hoenderaftreksel
  • ¼ k (450 g) sultanas
  • ¼ k (50 g) gemaalde amandels
  • ½ k (125 ml) Clover- vars room
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • ½ k (25 g) gevlokte amandels, lig gerooster

Metode

  1. Meng die suurroom, kerriepasta, garam masala, borrie en knoffel in ’n glasbak.
  2. Roer die hoender by totdat al die blokkies bedek is en bedek die bak met kleefplastiek.
  3. Marineer 1 tot 2 uur in die yskas.
  4. Verhit die botter en olie oor lae hitte in ’n pan en soteer die uie 3 minute tot goudkleurig.
  5. Roer die hoender by en braai 6 tot 7 minute.
  6. Voeg die aftreksel, sultanas en amandels by en prut 10 minute.
  7. Roer die room by en geur met sout en peper. Laat prut vir nog 5 minute.
  8. Strooi die gevlokte amandels net voor bediening oor.

Bron: Trooskos

Uitgewer: Lapa uitgewers


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085