Quantcast
Channel: Kos | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085

[Resep] Gemmer- en koringbier

$
0
0
Koring- en gemmerbier (Foto: Tannie Poppie kook weer)

Koring- en gemmerbier (Foto: Tannie Poppie kook weer)

Lewer 2 liter bier

“My man, Jan, het in ʼn steenkoolmyn gewerk,” skryf Tannie Poppie. “Hy het altyd die koringbier gevries en elke dag ʼn bottel werk toe gevat. My kinders het dit weer skool toe geneem wanneer hulle die dag buitemuurse aktiwiteite gehad het. Kweek ʼn plantjie en gebruik dit om meer koringbier te maak. Begin elke 5 weke met vars koringkorrels en 25 ml van die ou plantjie. Jy kan ook gemmerbier van die basiese koringbier-resep maak.”

Bestanddele

Koringbier

  • 250 ml heel koringkorrels
  • 250 ml suiker
  • 15 pitlose rosyne
  • 1 pakkie (10 g) kitsgis
  • 2 liter louwarm water

Om die gemmerbier te maak

  • Gebruik al die bestanddele vir die koringbier behalwe die koringkorrels
  • 5 ml jamaikagemmer (by apteke beskikbaar) of
  • 5 ml suurlemoengeursel

Metode

  1. Was die koringkorrels en week vir 24 uur in water. Dreineer.
  2. Voeg die suiker, rosyne, kitsgis en water by. Roer goed.
  3. Laat staan vir nog 24 uur.
  4. Gooi die bier deur ʼn moeseliendoek (behou 250 ml van die gis vir ʼn plantjie).
  5. Giet oor in bottels, draai goed toe en vries.

Berei verder vir die gemmerbier

  1. Meng die suiker, rosyne, kitsgis en water (laat die koringkorrels weg).
  2. Voeg die gemmer of die suurlemoengeursel by. Roer goed en giet oor in bottels.
  3. Laat staan 24 uur lank by kamertemperatuur en plaas dan in die yskas.

Bron: Tannie Poppie kook weer

Uitgewer: Human & rousseau


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085