Die McDonald’s-burger het weer ʼn nuwe baadjie aangetrek, hierdie keer spesiaal vir die soettande.
McDonald’s Italië het sy jongste produk op Facebook bekend gestel waar die kitskosmaatskappy se bekende broodjies met Nutella gekombineer word.
“ʼn Sagte soetheid is hier wat jy nie sal kan weerstaan nie. Probeer Sweety met Nutella nou: sagte broodjie met ʼn romerige middel!” beskryf die maatskappy dié nuwe happie.
Dit is nog nie bekend of die maatskappy die produk ook in ander lande gaan vrystel nie. Dis ongetwyfeld gewild in Italië, meer as 76 000 persone het gunstig op die plasing reageer en meer as 94 000 persone het dit gedeel.