Quantcast
Channel: Kos | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085

[Resep] Lae koolhidraat piesangbrood

$
0
0
The Low Carb Solution for Diabetics deur Vickie de Beer

Lae koolhidraat piesangbrood. Foto: The Low Carb Solution for Diabetics deur Vickie de Beer

‘n Lekker suikerslimhappie vir die kinders se kosblik.  Dit smaak soos piesangbrood, maar sonder die piesangs! Jy kan dit ook as klein muffins bak.

Maak 1 brood

Bestanddele:

  • 90 g/125 ml (½ koppie) chia-saad, gemaal
  • 125 ml (½ koppie) water
  • 200 g/500 ml (2 koppies) amandelmeel
  • 100 g/125 ml (½ koppie) xilitol
  • 40 g/80 ml (1/3 koppie) klappermeel
  • 40 g/80 ml (1/3 koppie) weiproteïenpoeier
  • 12 g/15 ml (1 e.) bakpoeier
  • 2,5 g/2,5 ml (½ t.) sout
  • 180 ml (¾ koppie) melk
  • 3 eiers
  • 50 g/50 ml (1/4 koppie) botter, gesmelt
  • 2,5 ml (½ t.) piesanggeursel
  • 2,5 ml (½ t.) vanieljegeursel

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ʼn broodpan van 22 x 12 cm met bakpapier uit.
  2. Meng die chia-saad en water in ʼn klein bakkie. Laat eenkant staan om te week.
  3. Meng die amandelmeel, xilitol, klappermeel, weiproteïenpoeier, bakpoeier en sout in ʼn groot bak.
  4. Klits die melk, eiers, botter, piesanggeursel en vanieljegeursel saam in ʼn ander bak.
  5. Vou die nat bestanddele saam met die chia-saad (al die water behoort geabsorbeer te wees) by die droë bestanddele in tot goed gemeng.
  6. Giet die beslag in die voorbereide pan en bak vir 1 uur. Verminder die hitte dan na 100 °C vir nog 30 minute om verder uit te droog (indien jy muffins bak, verminder die baktyd na 45 minute en 20 minute).
  • per 100 g: energie: 229 kkal. • proteïen: 16 g • vet: 14 g • koolhidrate: 10 g
  • allergene: suiwel, eier, boomneut.

Bron: The Low Carb Solution for Diabetics deur Vickie de Beer
Uitgewer: Quivertree Publications


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085