Hier is ʼn heerlike resep vir daardie monster van ʼn vis wat jy hierdie vakansie gaan vang. En as visvang nie vir jou is nie, sal ʼn gekoopte stukkie vis ook goed werk.
Lewer 4 porsies
Bestanddele:
- 25 ml suurlemoensap of wit asyn
- 25 ml canola- of olyfolie
- 500 g bevrore witvisfilette, soos stokvis, koningklip of Kaapse witvis
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 20 ml gekapte vars pietersielie
Metode:
- Meng die suurlemoensap of asyn en 10 ml van die olie. Drup die mengsel oor die visfilette en marineer vir 10-15 minute.
- Gebruik net genoeg olie om die boom van die braaipan te smeer. Verhit die pan tot matig warm. Panrooster die vis vir 3-4 minute aan weerskante totdat die vis verkleur en maklik vlok met ʼn vurk.
- Geur die vis met sout, swartpeper en gekapte pietersielie.
Kan ek dit bere?
- Die vis kan vir 24 uur verkoel word. Bevriesing word nie aanbeveel nie. Maak dus net genoeg gaar om binne 24 uur te eet.
Bron: SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit
Uitgewer: Tafelberg