Quantcast
Channel: Kos | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085

[Resep] Kerrie-en-soetrissie-roomsop

$
0
0

Kerrie-en-soetrissie-roomsop. Foto: Lekker en Vinnig

Die winter kan maar kom, ons is reg vir die koue met dié heerlike sop.

Lewer 6 porsies

Bestanddele:

  • 1 ui, gekap
  • 2,5 ml droë soet basilie
  • klontjie botter
  • 2 rooi soetrissies, ontpit en gekap
  • 10 ml matige kerriepoeier
  • 30 ml bruinsuiker
  • knippie sout en varsgemaalde swartpeper
  • 500 ml melk
  • 500 ml water
  • 375 ml dikroom
  • 30 ml mielieblom
  • vars basilieblare, vir garnering

Metode:

  1. Soteer die ui en droë basilie in die botter tot die ui sag en deurskynend is.
  2. Roer die soetrissie by en soteer tot sag.
  3. Roer die kerrie, suiker, sout en peper en melk by en kook vir 5 minute. Giet in ʼn versapper en versap tot glad.
  4. Giet die inhoud terug in die kastrol. Voeg die water en room by en verhit weer.
  5. Maak die mielieblom met ʼn bietjie koue water aan tot ʼn pasta. Giet terug by die sop en kook oor lae hitte tot die sop begin verdik.
  6. Garneer met vars basilieblare en swartpeper en sit warm voor.

Bron: Lekker & Vinnig
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Vrouekeur 1, Marlo Carstens


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085