
Foto: Clover Gunsteling Poedings
Dié ou staatmaker lyk sommer pragtig in kleiner porsies. Wie kan nee sê vir dié lekkerny?
Lewer 6-8 porsies
Bestanddele:
Poeding
- 1½ k (375 ml) Clover-laevetmelk
- ¼ k (60 g) Clover Springbokbotter
- 2 e (30 ml) gladde appelkooskonfyt
- 2 e (30 ml) koue water
- 3 e (45 ml) Horlickspoeier
- 1 t (5 ml) kakaopoeier
- 4 t (20 ml) witasyn
- 2 eiers
- ¾ k (150 g) suiker
- 1½ k (210 g) koekmeel
- 1 t (5 ml) koeksoda
- 2 t (10 ml) bakpoeier
- ½ t (2 ml) sout
Sous
- 1 e (15 ml) Horlickspoeier, gemeng met
- 2 e (30 ml) Clover-laevetmelk
- ¾ k (180 ml) Clover-room
- ½ k (100 g) suiker
- ¼ k (60 g) Clover Springbokbotter
- 1 t (5 ml) vanieljegeursel
Metode:
Poeding
- Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ʼn groot 1,5 liter-bakskottel of 10 tot 12 dik kolwyntjiekoppies in ʼn 12-holte-muffinpan.
- Meng die melk, botter en konfyt in ʼn kastrol en roer oor lae hitte tot die botter en konfyt gesmelt het. Meng die water, Horlickspoeier en kakaopoeier saam in ʼn koppie tot glad. Gooi die Horlicksmengsel oor die warm melkmengsel en roer die asyn deur. Hou eenkant.
- Klits die eiers en suiker met ʼn elektriese klitser tot lig en donsig. Sif die oorblywende droë bestanddele saam. Roer die droë mengsel en die melkmengsel om die beurt liggies by die eiermengsel.
- Giet die beslag in die voorbereide bakskottel of kolwyntjiekoppies en bak vir 45 tot 55 minute (groot bakskottel) of 20 tot 25 minute (individuele poedings). Die poeding is gaar wanneer ʼn toetspen skoon uit die poeding kom.
Sous
- Meng al die bestanddele, behalwe die vanieljegeursel, in ʼn swaarboomkastrolletjie en prut oor lae hitte vir 3 tot 4 minute of tot die suiker gesmelt het. Verwyder van die hitte en roer die vanieljegeursel by.
- Verwyder die poeding uit die oond en prik die bokant met ʼn vurk. Giet die warm sous oor die poeding en sit met room, vIa of roomys voor.
Bron: Gunsteling Poedings
Uitgewer: Lapa