Saam met tee en goeie geselskap is hierdie koekies ’n wenresep.
Bestanddele:
- 180 g botter
- 312 ml (1¼ k) suiker
- 60 ml (¼ k) sonneblomolie
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
- 2 eiers
- 875 ml (500 g) koekmeel
- 5 ml (1 t) bakpoeier
- 15 ml (1 E) fyn anys
- 15 ml (1 E) fyn kardemom
- kleurstrooisel (hundreds and thousands) vir versiering
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ’n bakplaat.
- Room die botter en suiker saam tot lig en donsig. Voeg die olie, vanieljegeursel en eiers by en meng goed.
- Sif die meel en bakpoeier saam in ’n mengbak. Voeg die kardemom en anys by en meng deur.
- Meng die botter-en-oliemengsel met die droë bestanddele tot ’n deeg vorm: Plaas was- of bakpapier op die deeg en rol dit egalig op ’n meelbestrooide oppervlak uit.
- Sny die koekies met ’n koekiedrukker van jou keuse uit. Druk elke koekie in die kleurstrooisel en rangskik dit op die voorbereide bakplaat.
- Bak dit vir 15-20 minute of tot goudbruin en gaar. Laat die koekies effens op die bakplaat afkoel. Verwyder dit en plaas dit op ’n draadrakkie om heeltemal af te koel.