Net een happie van hierdie tert en jy gaan niks anders wil eet nie.
Lewer 6-8 porsies
Bestanddele:
Kors
- 60 ml botter, gesmelt
- 200 g (1 pakkie) Romany Creams, fyngemaak
Vulsel
- 200 g (2 stafies) Bar One-sjokolade, in stukkies gesny
- 250 ml room
- 250 g roomkaas
- 60 g (2 stafies) Crunchie-sjokolade, grofgebreek
- 100 g (½ pakkie) Romany Creams, grofgekap
- kakao om oor te sif
Metode:
- Kors: Voeg die botter by die fyngemaakte koekies en meng goed. Druk dit op die bodem van ʼn 22 cm-Iosboomtertpan of 6-8 individuele losboomtertpannetjies vas.
- Vulsel: Roer die Bar One en room saam oor lae hitte tot die sjokolade gesmelt is. Laat dit afkoel.
- Klits die afgekoelde mengsel by die roomkaas en roer die Crunchies en koekies by. Skep die mengsel op die tertkors. Laat dit in die yskas stol.
- Haal dit versigtig uit die pan en sif kakao bo-oor.
Variasie:
Indien verkies kan 250 ml room saam met 30 ml versiersuiker en 2,5 ml vanieljegeursel styfgeklits word. Skep dit bo-op die tert of sit die tert daarmee voor.
- Bron: Yskasterte
- Uitgewer: Lapa