
Korslose souttert (Foto: Lapa-uitgewers)
Vinnig en met min skottelgoed!
Bestanddele
- 45 ml botter
- 45 ml koekmeel
- 30 ml mielieblom
- 500 ml melk
- 4 groot eiers, geklits
- 500 ml gerasperde kaas
- 45 ml gerasperde ui
- 2 x 300 g (2 blikkies) soutvleis, fyngemaak
- 10 ml mosterdpoeier
- sout, peper, paprika en pietersielie
- 150 g tamatiesousgeur
- aartappelskyfies, fyngemaak
Metode
- Smelt die botter en roer die meel en mielieblom by. Roer die melk geleidelik by en prut tot die sous verdik.
- Voeg die eiers, kaas, ui, vleis en geurmiddels by.
- Strooi ʼn laag fyngedrukte aartappelskyfies in die tertbak en skep ʼn laag vleismengsel oor. Herhaal die lae met die res van die bestanddele.
- Bak die tert ʼn halfuur lank teen 180 °C (tot goudbruin).
Bron: 50 Boerekos-geregte
Uitgewer: Lapa