Image may be NSFW.
Clik here to view.
Clik here to view.

Lochner de Kock (skermskoot uit die video)
Dit is nie aldag dat jy ʼn gereg as voorgereg óf nagereg kan gebruik nie. Hierdie een wys jou hoe!
Bestanddele:
- 250 g aarbeie
- 100 ml witwyn
- 2 teelepels heuning
- 50 ml room
- swartpeper
- 1 avokado
Metode:
- Verwyder aarbeie se steeltjies en druk die aarbeie met ʼn vurk fyner.
- Gooi witwyn, heuning, room en swartpeper oor die gedrukte aarbeie.
- Skil avokado en sny halwe avokadopeer in waaier-vorm. Gooi swartpeper bo-oor.
- Gooi arbeimengsel bo-oor avokado.
- Sit voor en geniet as voorgereg óf nagereg.
Sien gerus in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.
Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Sien al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. -Red
Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:
[This post contains video, click to play]
Image may be NSFW.
Clik here to view.