Dis vakansie en jy is nie lus om ure voor die stoof te staan nie. Span die kinders in en berei hierdie aartappels saam voor terwyl manlief ʼn vleisie op die kole gaarmaak!
Bestanddele
- 4 groot aartappels, ongeskil
- 100 g botter, gesmelt
- 60 g bruinuiesoppoeier
- 2,5 ml knoffelsout
- 2 tamaties, in skyfies gesny
- 1 ui, in dun skyfies gesny
Metode
- Skrop aartappels met groenteborseltjie skoon.
- Sny in dik skyfies, maar nie heeltemal deur nie.
- Meng botter, soppoeier en knoffelsout en smeer die mengsel tussen elke skyf.
- Sit tamatie- en uieskyfies tussen die aartappelskywe. Jy kan tamatie- en uieskyfies in die helfte sny as dit beter tussen aartappelskywe pas.
- Plaas in oondbak en bedek met foelie. Bak vir 90 minute.
- Verwyder foelie, smeer bietjie olie bo-oor en bak nog 30 minute. Sit warm voor.
Bron: Vinnig & maklik: Resepte uit Vrouekeur 3
Uitgewer: Lapa