Quantcast
Channel: Kos | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085

[Resep] Sjokolade-en-grondboontjieklontjies

$
0
0

Sjokolade en grondboontjieklontjies (Foto: verskaf)

As julle hierdie skoolvakansie met Jan Tuisbly se karretjie ry, is dié sjokolade-en-grondboontjieklontjies ʼn lekker resep waarmee die kleinspan kan bak en brou.

Bestanddele:

  • 600 g melksjokolade
  • 500 g grondboontjies en rosyntjies
  • 100 g pekanneute, grofgekap
  • 250 ml klapper

Metode:

  1. Smelt sjokolade in mikrogolfoond teen 70% krag of in dubbelkoker. Roer tot glad.
  2. Roer ander bestanddele by.
  3. Skep teelepelsvol sjokolademengsel op bakplate wat met waspapier uitgevoer is.
  4. Laat eenkant om te stol. Verwyder van waspapier en bêre in lugdigte houer.

Bron: Vinnig & maklik: Resepte uit Vrouekeur 3

Uitgewer: Lapa


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085