Quantcast
Channel: Kos | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085

[Resep] Sjokolade-, grondboontjie-en-karameltert

$
0
0

Sjokolade-, grondboontjie-en-karameltert. (Foto: verskaf)

Dit is Vrydag – die perfekte verskoning vir dié smullekker happie!

Genoeg vir 10–12 mense

Bestanddele:

  • 250 g sjokoladekoekies van jou keuse
  • 125 g botter, gesmelt
  • 380 g karamelkondensmelk
  • 125 ml ongesoute grondboontjies, grofgekap
  • 360 g donkersjokolade, fyngekap
  • 160 ml room

Metode:

  1. Maak die koekies in ʼn voedselverwerker fyn en voeg die botter by. Roer tot goed gemeng.
  2. Gebruik die agterkant van ʼn metaallepel om die koekiemengsel eweredig oor die bodem van ʼn 28 cm-losboomtertpan te versprei. Bedek die krummelkors met kleefplastiek en laat dit vir 30 minute in die yskas staan.
  3. Meng die karamelkondensmelk en grondboontjies in ʼn mengbak. Smeer dit versigtig oor die kors.
  4. Plaas die sjokolade in ʼn hittebestande bak.
  5. Verhit die room stadig tot dit begin prut en giet dit oor die sjokolade. Roer die roommengsel tot die sjokolade smelt en die mengsel glad is.
  6. Smeer die sjokolademengsel oor die karamel. Plaas die tertpan op ʼn groter bord en laat dit vir ongeveer 1 uur in die yskas staan sodat dit kan stol.

Bron: Marilyn kuier en kook

Uitgewer: Lapa


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085