Quantcast
Channel: Kos | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085

[Resep] Pikante gevulde soetrissies

$
0
0
Pikante gevulde soetrissies. Foto: Kook saam Kaaps

Pikante gevulde soetrissies. Foto: Kook saam Kaaps

Die perfekte bykos vir enige maaltyd wat jy hierdie winter voorsit.

Maak: 8 porsies

Bestanddele:

  • 3 uie, gekap
  • 100 ml olyfolie
  • 4 knoffelhuisies, gekap
  • 2 groot brandrissies, gekap
  • 5 tamaties, in blokkies gekap
  • 30 g vinkelsaadjies
  • 1 bossie gekapte vars koljanderblare (dhania)
  • 8 ml fyn koljander
  • 8 ml sout
  • 250 g maalvleis
  • 15 ml tamatiepasta
  • 8 groen soetrissies, bokante afgesny
  • 500 ml rys, in water geweek en gedreineer
  • 250 ml water

Metode:

  1. Verhit olie in ʼn kastrol en braai die uie vir ongeveer 10 minute tot goudbruin.
  2. Voeg die knoffel, brandrissies en tamaties by die uie en prut vir ongeveer 10 minute.
  3. Voeg die koljanderblare en vinkelsaadjies by en prut.
  4. Voeg die fyn koljander en sout by en prut vir nog 10 minute.
  5. Meng die maalvleis deur die uiemengsel en prut totdat die vleis bruin word.
  6. Voeg die rys en water by die maalvleis en laat dit droogkook.
  7. Skep die rys-en-vleismengsel in die soetrissies.
  8. Rangskik die gevulde soetrissites in ʼn kastrol, voeg 1 koppie water by en stoom vir ongeveer 30 minute. Voeg meer water by indien nodig.
  9. Bedien saam met gegeurde rys of slaai.

Bron: Kook saam Kaaps
Uitgewer: Lapa


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085