Quantcast
Channel: Kos | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085

[Resep] Beskuit in die mikrogolfoond

$
0
0

Beïndruk jou gaste met dié tuisgemaakte beskuit, sonder moeite.

Beskuit in die mikrogolfoond. Foto: Lekker & vinnig reeks 5: Beskuit

Beskuit in die mikrogolfoond. Foto: Lekker & vinnig reeks 5: Beskuit

(Uit: Eet saam, GKSA)

Maak 2 – 2,5 kg

Bestanddele:

  • 500 g (500 ml) margarien of botter
  • 300 g (375 ml) sagte bruinsuiker
  • 1 kg bruismeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 100 g (500 ml) semelontbytvlokkies
  • 100 g (500 ml) semels
  • 120 g (200 ml) sonneblomsaad (opsioneel)
  • 75 g (125 ml) pitlose rosyne (opsioneel)
  • 2 eiers
  • 500 ml karringmelk

Metode:

  1. Verhit die margarien en suiker 3 minute op 100% krag in die mikrogolfoond. Roer een of twee maal in die tyd deur. Dit moet heeltemal gesmelt wees.
  2. Meng die bruismeel, bakpoeier en sout in ʼn mengbak.
  3. Voeg die margarienmengsel, ontbytvlokkies, semels, sonneblomsaad en rosyne by die meelmengsel en meng goed.
  4. Klits die eiers en die karringmelk saam en voeg by. Roer goed.
  5. Skep die deeg in die drie 2 liter-roomysbakke wat met kleefwerende kossproei gespuit is.
  6. Plaas die roomysbak op ʼn omgekeerde piering in die mikrogolfoond.
  7. Bak vir 14 minute op 100% krag in die mikrogolfoond.
  8. Keer dit op ʼn afkoelrak uit en laat afkoel.
  9. Sny dit in lang vingers en droog oornag in ʼn koel oond by 100 ᵒC uit. Laat die oonddeur op ʼn skrefie oop.
  10. Bêre beskuit in ʼn lugdigte houer.

Bron: Lekker & vinnig
Uitgewer: Lapa


Viewing all articles
Browse latest Browse all 2085